Waarom ons die groter waarheid moet weet
Op die Paarlvallei-pad in Somerset Wes is daar 'n klein heuweltjie. Dit staan in die omgewing bekend as Spookheuwel. Hierdie "spookheuwels" kom in werklikheid oral ter wêreld voor.
Ry oor die heuwel en stop in die laagtetjie agter die heuwel. Haal die motor uit rat en los die rem. Die motor sal agteruit teen die heuwel op beweeg. Ry verder met die pad aan en draai om. Ry weer tot in die laagtetjie voor die heuwel en hou stil. Haal weer die motor uit rat en los die rem. Die motor sal vorentoe teen die heuwel op beweeg.
Daar was al baie mense wat na hierdie verskynsel gaan kyk het, met net so baie teorieë wat wissel van optiese illusies tot magnetiese kragvelde.
As ‘n mens uit die motor klim en die omgewing van nader beskou, is dit duidelik dat daar wel ‘n heuwel is. Nou wat is die oorsaak van hierdie blykbaar ongehoorde verskynsel?

Die antwoord lê by die groter prentjie!
Ry heeltemal weg van die omgewing af en kyk na die topografie van die omgewing. Jy sal vind dat die Paarlvallei-pad teen die Helderberg oploop. Die pad met sy spookheuwel lê dus teen die helling van die berg, sodat die hoogste punt van die spookheuwel in werklikheid laer is as die onderpunt van die laagtetjie agter die heuwel, soos in die volgende figuur:

Die volgende foto is ‘n tipiese voorbeeld van so ‘n spookheuwel. Die spookheuwel is op die voorgrond. Die wit bordjie regs dui aan waar ‘n mens moet stilhou. Let op dat na die algemene landskap waar die spookheuwel voorkom.

Bron: www.outdoors.webshots.com
Wat het spookheuwels met ons bestaan te doen?
Omdat ons nie altyd die groter prentjie kan sien nie, baseer ons ons besluite baie keer op onvoldoende inligting. Ons maak dan veronderstellings volgens ons beperkte visie. As ons regtig wil weet wat in ons land en in die wêreld aan die gebeur is, moet ons daarvan bewus wees dat daar ‘n groter prentjie is; dat daar ander groter magte is wat in beheer van die wêreld is en wat ons bestaan beïnvloed. Dit geld vir alle tereine soos godsdiens, politiek en die ekonomie. Dit is iets waaraan ons as enkelinge natuurlik niks kan doen nie, maar as ons werklik bewus is van wat regtig agter alles sit, dan hoef ons nie na spoke te gaan soek wat nie bestaan nie.
Hierdie webwerf sal vir jou inligting gee wat, alhoewel dit dalk skrikwekkend mag lyk, tog ook troos kan bring omdat jy weet dat daar 'n Hoër Hand is wat enige tyd al die mense se mooi plannetjies omver kan werp.
Gaan na die Leeskamer vir die artikels
|